Vark-en-pynappelsosaties met spek en sriracha

Bereidingstyd: 15 minute
Porsies: 6
Gaarmaaktyd: 15 minute
Bestanddele
  • 15ml - elk ment en basilie, gekap
  • 1 - groot pynappel, in happiegroot stukke gesny
  • sowat 45ml - srirachasous, plus ekstra na smaak
  • 1 - groot ui, in kwarte gesny en opgebreek in “blare”
  • - ’n skeut olyfolie
  • sowat 15ml - vars suurlemoen- of lemmetjiesap
  • 12 - lourierblare
  • 3ml - droë Italiaanse kruiemengsel
  • 800g - varkboud- of lendesteakblokkies
  • - SOUS
  • 12 - repe spek, in die helfte gesny
  • 60ml - Bulgaarse jogurt
  • 60ml - mayonnaise
Metode
Sriracha-rissiesous is propvol Thai-geure met byt, en onverbeterlik saam met varkvleis.

1. Week 6 lang sosatiestokkies vir sowat ’n uur in water (dit sal keer dat dit vlam vat tydens die gaarmaakproses).

2. Verf die varkblokkies met die srirachasous en draai ’n reep spek om elke blokkie – dit keer dat al die sous afgly en geur die vleis heerlik. Ryg die varkblokkies, afgewissel met stukke pynappel, ui en lourierblare, op die stokkies. Bedruip met ’n skeut olyfolie en strooi die kruie en swartpeper oor.

Wenk

Steek die stokkie deur die spek om die varkblokkies. 

3. Meng al die bestanddele vir die sous en geur met sout en swartpeper.

4. Braai die sosaties oor matige kole of in ’n riffelpan tot gaar, maar steeds sappig. Verf met ’n bietjie ekstra srirachasous terwyl dit braai. Dit behoort nie langer as 10–15 minute te neem nie. Onthou om die vleis te laat rus voor opdiening. Sit voor met die jogurtsousie, lemmetjiewiggies en ’n lekker rys- of koeskoesslaai.

Jongste uitgawe

September 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees