1. Voorverhit die oond tot 180°C. Sit die ham, groente, aftreksel en bouquet garni in ’n groot baksak in ’n diep oondbak en giet die koeldrank by. Seël die sak, prik ’n paar gaatjies in die bokant en rooster vir sowat 2½ uur. Haal uit die oond en laat rus die vleis vir 20 minute op ’n kapplank. Hou 125ml kookvloeistof eenkant.

2. Gebruik ’n skerp mes en sny die vel van die ham af. Wees versigtig dat jy nie die vetlaag ook afsny nie, maar net die buitenste harde vel bo-op die vet. Sny nou die vetlaag in ’n 2cm-diamant- patroon sonder om tot in die vleis te sny. Druk ’n naeltjie in elke diamant as geurige versiering indien verkies. Sit die vleis terug in die oondbak.

3. Meng die blatjang en behoue kook- vloeistof en verf die glaseersel mildelik oor die vleis. Rooster dit dan verder sodat die vetlaag bros kan braai (sowat 45 minute of totdat die glaseersel goud- bruin en gekaramelliseer is). Bedruip gereeld met die vloeistof.

Wenk Sit ’n paar patatskywe en jong wortels in die oondbak terwyl die glaseersel bros braai vir ’n bygereg.