Oondtemperatuur: 200°C

Voorverhit die oond tot 200 °C. Sit die botter, heuning, mosterdsaad, tiemietakkies en suurlemoenskil in ’n kastrol oor matige hitte. Verhit dit tot kookpunt en voegdie asyn by. Laat prut totdat dit effens dikker is – dit sal ’n paar minute neem.

2 Sny elke varkfilet in 8 stukkies en verf elkeen met die heuning-en-mosterd-saadmengsel. Geur na smaak met sout en swartpeper.

3 Verhit ’n riffelpan of gewone braaipan oor hoë hitte en braai die filette tot goudbruin reg rondom. Plaas eenkant.

Verf die appelsirkels ook met die heuning-en-mosterdsaadmengsel en plaas die helfte van die appels op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Plaas ’n varkfiletmedaljon op elke appelsirkel en plaas nog ’n appelsirkel bo-op. Verf weer met die heuning-en-mosterdsaadglaseersel en oondrooster dit vir sowat 10 minute. Bedruip weer en oondrooster totdat die varkvleis die verlangde graad van gaarheid bereik het. Sit dit voor met romerige kapokaartappels.