1 Smelt die botter en olyfolie saam in ’n dikboompan en braai die varkrepe met die vetkant eerste en dan alkante tot mooi goudbruin. Neem jou tyd en maak seker die vleis kry ’n mooi kleur. Geur met sout en peper maar onthou, gerookte vark is geneig om reeds sout te wees.

2 Roer die konfyt, droëvye, roosmaryntakkies en whisky by die vleis en laat karamelliseer tot stroperig en deurgaar. Verwyder die heel kruie en garneer met die vars vye. Op dié manier is die smaak van die roosmaryn lekker subtiel. Dit maak ’n heerlike ete saam met gestoomde rys.