1 Voorverhit die oond tot 180°C.

2 Plaas ’n vel foelie op ’n bakplaat en sprinkel olyfolie oor.

3 Klits die eier in ’n klein mengbak.

4 Meng die parmesaan, amandelmeel, uiepoeier, varsgemaalde sout en peper, knoffelpoeier, droë kruie en paprika in ’n bakkie en strooi oor ’n plat bord.

5 Doop die tjops in die eier. Maak seker dat dit deeglik bedek is en plaas dan in die bord met die parmesaanmengsel. Maak weereens seker dat die tjops deeglik aan albei kante bedek is.

6 Plaas die tjops op die bakplaat en bak in die oond vir ongeveer 30 minute totdat dit goudbruin is. Rooster vir die laaste 5 minute om dit lekker bros en bruin te laat braai.

7 Terwyl die tjops in die oond bak, stoom solank die blomkool totdat dit heeltemal sag is.

8 Sodra dit reg is, plaas die blomkool in ’n pot. Voeg die melk, botter, roomkaas en varsgemaalde sout en peper by.

9 Gebruik ’n handvoedselverwerker om die blomkool fyn te maak.

10 Voeg die eiergeel by en roer dit deeglik en vinnig met ’n vurk.

11 Plaas die pot op die stoof en laat dit weer warm word oor lae hitte. Roer voortdurend. Skakel die hitte af en plaas ’n deksel op die pot sodat die kapokblomkool warm bly.

12 Braai laastens die ui in olyfolie tot dit karamelliseer.

13 Bedien die tjops op ’n bed kapokblomkool en skep ’n lekker groot porsie gebraaide ui daarop.