Varkwiele met ’n taai glanssous

akkreditasie
Bereidingstyd:
Porsies: 8 - 10 stokkies
Gaarmaaktyd:
Bestanddele
  • 15 ml - heel piekelspeserye
  • 60 ml - blatjang
  • - sowat 125ml gemmerbier
  • 30 ml - suurlemoensap
  • - GLASEERSEL
  • 80 ml - appelasyn
  • 800 g - varklies (“pork belly”), vel afgesny
  • 80 ml - appelkooskonfyt
  • 3 - salieblare, gekap
  • 30 ml - olyfolie
  • 15 ml - oestersous
  • 15 ml - sojasous
  • 5 ml - sout
Metode
Dis die lekkerste voorgereg; of maak dit deel van ’n peuselspyskaart vir ’n buitekuier.

1. Sit die varklies plat neer en sny dit in stroke van 2 cm breed. Draai nou elke strook op sy “sy” en halveer in die lengte – nou het jy repe wat maklik sal oprol. Rol elke reep in ’n wiel op en steek ’n stokkie daardeur. Sit die stokkie in ’n vlak plastiek- of emaljebak en giet die olyfolie, asyn, suurlemoensap, salie, sout en speserye oor. Laat dit vir 2 uur in die yskas marineer; draai af en toe om.

2. Maak die glaseersel Klits al die bestanddele saam en hou eenkant.

3. Om gaar te maak Voorverhit die oond tot 180 °C. Druk die vleis droog en panbraai versigtig tot goudbruin alkante. Sit die wiele in ’n oondbak en maak styf toe met foelie. Bak nou vir sowat 1 uur in die oond. Haal uit en voorverhit die roosterelement. Bedruip die vleis goed met die glaseersel en rooster tot klewerig. Draai om en bedruip gereeld. Laat die wiele vir sowat 15 minute rus voor jy weglê. 

Wenk

Die wiele is natuurlik ook heerlik oor die kole gebraai. Onthou om die stokkies in water te week sodat dit nie vlam vat nie, en braai stadig vir die beste resultate. Maak genoeg – dié watertandwiele gaan blitsig verdwyn! 


Jongste uitgawe

Sep | Okt 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees