Oondtemperatuur: 200 °C

Wat wou uiesoppoeier – maak ’n regte, egte sous! Gebruik jou tyd wanneer jy die uie karamelliseer vir die wonderlikste geur.

Omdat dié sous ’n rukkie neem om te maak, is dit die moeite werd om die resep te verdubbel en die karamel-uie in die yskas te hou vir nog ’n maaltyd.

1 Prik die patat oraloor met ’n vurk, sit dit op ’n bakplaat en bak in ’n voorverhitte oond tot sag; draai ná 10 minute om. Afhangend van die grootte behoort dit binne 25 tot 35 minute gaar te wees.

2 Smelt die botter en olie saam en braai die uie stadig vir ’n paar minute. Voeg die sider by en kook rustig vir 10 minute met die deksel op tot die uie sag is. Verwyder die deksel, voeg die suiker, tiemie en knoffel by en braai tot goudkleurig en geurig. Skep uit die pan.

3 Braai nou die worsies tot lekker bruin oraloor (sowat 10–15 minute). Roer ’n ruim skep karamel-uie en die meel by en roerbraai vir ’n minuut. Voeg dan die aftreksel geleidelik by en laat prut vir sowat 5 minute. Roer ’n skeut worcestersous by; geur na smaak met die asyn, sout en peper.

Maak ’n insnyding in elke gaar patat, skep ’n worsie en sous in elkeen en strooi basilie oor die “beursies” vir ’n vars geur.