Genoeg vir 4

Bereidingstyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

• 500 g boerewors

• 6 sprietuie, gekap

• 2 pimento-soetrissies, ontpit en gekap

• 1 brandrissie, ontpit en fyngekap

• 6 eiers, geklits

• 250 ml room of volroom- jogurt

• 1 sirkel fetakaas, gekrummel

• vars brood en avokado vir voorsit 

1 Braai die boerewors in ’n lang spiraal stadig, sonder om ekstra vet by te voeg, in ’n klein oondvaste dikboompan tot alkant goudbruin. Gooi die meeste van die vet wat uitbraai, af. Voeg die sprietuie, soetrissies en brandrissie by en braai vir 1–2 minute.

2 Klits die room by die eiers en giet dit oor die wors in die pan. Sprinkel die feta bo-oor. Braai stadig vir sowat 5 minute. Sit dan die pan onder ’n voorverhitte roosterelement om die bokant kleur te gee en seker te maak die frittata is deurgaar. Sit voor met die brood en avokado.