
Genoeg vir 6–8 porsies
Bereidingstyd: 5 minute
• 1 blikkie boontjies in tamatiesous
• 1 blikkie botterboontjies, gedreineer en gespoel
• 1 blik cannelliniboontjies, gedreineer en gespoel
• 1 klein wit ui, fyngekap
• 1 middelslag- groen soetrissie, fyngekap
• 125ml witwynasyn
• 125ml suiker
• 10ml gedroogde basiliekruid
• 60ml olyfolie
• 25ml mosterdpoeier
• 200g groenboontjies, gestoom tot net gaar
• 6ml platblaarpietersielie, gekap
Meng al die bestanddele behalwe die groen- boontjies en pietersielie en laat staan vir 12 uur vir die beste resultaat.
Om voor te sit Giet die gemarineerde boontjies oor die gestoomde groenboontjies, geur met sout en peper en sprinkel die pietersielie oor.