En dis vir jou lekker, hoor! Ons het besluit die besondere geur daarvan is aan die vars ui te danke.

Voorverhit die oond tot 180° C. Smeer ’n groot tertbak deeglik. Klits die eiers, mayonnaise, melk en blatjang saam in ’n mengbak. Meng die brood, tuna, ui en kruie by en geur met sout en peper. Skep dit in die voorbereide bak en sprinkel die kaas oor. Bak 30 minute of tot gaar en sit dit saam met slaai voor.