1 Voorverhit die oond tot 180°C en voer ’n bakplaat met bakpapier of foelie uit (dit vergemaklik die skoonmaakwerk agterna).

2 Sny elke porsie vis in twee ewe groot stukke sodat dit meer eweredig kan gaar word. Maak die tortilla-tjips fyn tot growwe krummels. Smeer ’n lagie suurroom oor elke stuk vis en druk die krummels daarop vas.

3 Bak vir sowat 15 minute of tot net gaar. Sprinkel die jalapeño’s en grasuie oor en sit voor met koolslaai en vars suurlemoenwiggies. 

Wenk Vervang die tjips met brood­ krummels vir ’n goedkoper alternatief.