Genoeg vir 1 dekadente pastei

Bereidingstyd: 10 minute

Baktyd: 30 minute

Oondtemperatuur: 200 °C, dan 180 °C

Bestanddele 

400 g blaardeeg

45 ml uiemarmelade of gekaramelliseerde uie

3 ronde camembertkase

12 repe Swartwoudham (Parmaham is ook heerlik, maar duurder)

1 geklitste eier

babakruieblaartjies en ingelegde groenvye

So maak jy 

Voorverhit die oond. Rol die blaardeeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit. Skep die uiemarmelade in ’n lyn oor die breedte van die deeg. Draai die ronde kase individueel toe met die ham en sit bo-op die uie.

Sny die deeg weerskante van die vulsel in repe, verf met geklitste eier en vleg die repe oor die vulsel. Verf die pastei met geklitste eier en sit dit op ’n gesmeerde bakplaat. Bak vir 10 minute, draai die hitte af na 180 °C en bak vir nog 20 minute of tot goudbruin en gaar.

Sit dadelik voor met ’n sprinkel kruie en groenvye. Die kombinasie van warm kaas en deeg maak die pastei ’n heerlike voorgereg of ligte ete saam met slaai.

Kyk dié video om te sien hoe jy dit doen: