1. Was die pootjies en maak seker hulle is haarvry. Sit hulle in ’n groot pot, bedek met water en laat prut vir sowat ’n uur of totdat hulle begin sag word.

2. Voeg die res van die vleis, uie en knoffel by. Bind die speserye in ’n stukkie moeselien toe (sodat jy dit maklik later kan uithaal) en voeg by. Laat prut stadig vir nog 2 uur of totdat die vleis van die bene afval.

3. Gebruik ’n sif om die gaar vleis en bene van die vloeistof te skei; hou die vloeistof vir later. Ontbeen en vlok die vleis (gooi die bene weg). Geur die gevlokte vleis met asyn, suurlemoensap, sout, gemaalde peper en pietersielie na smaak. Eksperimenteer gerus ook met ’n paar druppels vis- of sojasous en jou gunsteling-speserye soos rissievlokkies. Wanneer jy geure byvoeg, hou in gedagte dat die gereg koud voorgesit word.

4. Verdeel die vleis tussen twee broodpanne. Geur die vloeistof met sout en giet net genoeg daarvan by die panne om die vleis te bedek. Verkoel tot gestol.

5. Sit dit voor Keer die vleisbroodjies uit op ’n kapplank of dienbord, garneer met takkies pietersielie en sit dit voor met piekels, brood en botter.