Genoeg vir: 4 porsies

Bereidingstyd: 35 minute

Gaarmaaktyd: 10-15 minute

Bestanddele

• 1 dik sny witbrood

• 60 ml melk

• 450 g volstruismaalvleis (of gebruik ’n kombinasie van volstruis en bees)

• ½ ui, fyngekap

• 1 knoffelhuisie, fyngekap

• 1 duim vars gemmer, geskil en gerasper

• 80 g sagte droë appelkose, gekap

• 2 ekstragroot eiers

• ’n knippie fyn neutmuskaat

• koekmeelblom

• olie vir vlakbraai

So maak jy

1 Week die brood in die melk tot sag. Dreineer en meng met die maalvleis, ui, knoffel, gemmer, appelkose en eiers, en geur met die neutmuskaat, sout en peper. Vorm klein okkerneutgroot frikkadelle en doop dit in die koekmeelblom.

2 Braai die frikkadelle in warm olie en dreineer dit op kombuispapier. Laat dit afkoel. Pak ’n doopsousie soos tzatziki in vir dié lekkerny of maak ’n maaltyd daarvan deur dit saam met slaai in tortillas toe te vou.