Ek verkies om die skil aan my appels te hou vir tekstuur, maar skil gerus as jy wil.

Oondtemperatuur: 180°C 

1 Voorverhit die oond en smeer ’n oondpan met botter. Meng die vrugte met die suurlemoensap en 15 ml van die suiker, en skep dit in ’n enkellaag in die pan. Bak vir 15 minute terwyl jy die bolaag maak.

2 Voeg die res van die suiker by die meel en vryf die botter daarin. Meng die meelfrummels dan deur die muesli. Haal die vrugte uit die oond en strooi die mueslimengsel bo-oor. Bak vir nog sowat 30 minute of tot goudbruin. Sit voor met jogurt en heuning.

Wenk Die vrugtemengsel kan na gelang van die seisoen en jou smaak aangepas word en ook soeter gemaak word met klapperskaafsels, vanielje of jou gunsteling-droëvrugte. Selfs ’n knertsie jenewer of brandewyn is gepas – dit is immers laatontbyt!