Sny gemengde tamaties in skyfies, halwes of kwarte, afhangend van hul grootte, en meng met dungesnyde skyfies rooi uie en blokke soet waatlemoen. Sprinkel rojaal met rooiwynasyn, olyfolie, sout en peper en strooi baba-blaarslaai en dungesnyde groen groente soos mangetout en aspersies bo-oor. Rond die slaai af met ’n paar eetbare blommetjies.