Oondtemperatuur: 200°C 

1. Maak die beslag Klits die eierwitte styf en hou eenkant. Sif die droë bestanddele saam; klits die karringmelk, botter, eiergeel, suiker en vanielje saam tot net gemeng. Vou die droë bestanddele en eierwit by die karringmelkmengsel in tot net gemeng – ’n paar klonte is beter as ’n oorwerkte beslag. Laat rus vir 30 minute in die yskas.

2. Voorverhit die oond. Voer ’n bakplaat uit met bakpapier en rangskik die spekrepe netjies langs mekaar daarop. Klits die koffie en stroop saam tot glad en verf dit oor al die repe. Rooster nou vir sowat 5 minute. Draai die repe om, verf weer met stroop en rooster vir nog 5 minute. Herhaal tot goudbruin en mooi gekaramelliseer. Die koffie keer dat die stroop te vinnig brand en gee ’n heerlike ryk geur.

3. Verhit ’n elektriese wafelpan, spuit met kleefwerende kossproei en skep ’n lepel vol beslag in die pan. Maak toe en wag ’n paar minute tot die wafel goudbruin en bros is. Herhaal met al die beslag.

4. Sit die wafels voor met die gekaramelliseerde spek en ekstra stroop na smaak. Piesangskywe is ’n opsionele ekstra.