
Genoeg vir: 6 as bygereg
Bereidingstyd: 25 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute
Bestanddele:
- 600 g jong Mediterreense aartappeltjies
- 30 ml olyfolie
- 250 g portabellini-sampioene
- 1 blik artisjokharte, gehalveer
- 6 piekeluitjies, gehalveer
- sowat 6 jong eiervrugte, gehalveer en met sout besprinkel
- 100 g groen olywe
- 250 g mangetout-ertjies, grofgekap
- 125 ml basiliepesto
1. Kook die aartappeltjies tot gaar en sag. Dreineer, halveer en bedruip met ’n bietjie olyfolie; geur met sout en peper. Hou eenkant.
2. Verhit die helfte van die olyfolie en braai die sampioene tot goudbruin en gaar. Voeg dit by die aartappels. Braai nou die artisjokharte in dieselfde pan tot bruin. Skep uit en braai die piekeluie, gevolg deur die eiervrugte, tot goudbruin en gaar. NB Onthou om die sout van die eiervrugte af te vee voor jy dit braai.
3. Skep al die groente saam met die olywe en ertjies op ’n mooi dienbord en drup die pesto oor. Sit voor by kamertemperatuur as ’n heerlike bygereg of vegetariese hoofgereg.