Groenteslaai-nuusbrief

Genoeg vir: 4

Bereidingstyd: 25 minute

Gaarmaaktyd: 40 minute

• 750 g Mediterreense baba-aartappels, gehalveer

• 1 klein botterskorsie, geskil en in skywe gesny

• 250 g dwergsampioene

• 6 groot pruimtamaties, in kwarte gesny

• 8 dik repe gerookte vark

• 30 ml olyf- of avokado-olie

• 2 suurlemoene (sap en skil)

• 1 rooi brandrissie, ontpit en gekap

• 150 ml Bulgaarse jogurt

• 100 ml koljanderblare, gekap

• 2 avokado’s, in skyfies gesny

1. Voorverhit die oond tot 220 ºC. Kook die aartappels tot net sag in soutwater en dreineer. Sit dit saam met die botterskorsie, sampioene, tamaties en vark in ’n oondroosterpan. Voeg die olie, en sap en skil van een suurlemoen by, en geur met sout en peper. Bak dit vir 25–30 minute of tot gaar.

2. Klits die rissie, jogurt, sap en skil van die orige suurlemoen en die koljanderblare saam. Verdeel die groente en varkvleis tussen vier bakkies, rond dit af met skyfies avokado en sit dit voor met die jogurtsous.