1 Maak die deeg Vryf die botter by die meel in tot dit soos growwe broodkrummels lyk. Voeg die res van die bestanddele by en knie saam tot glad. Vorm in ’n plat skyf, draai toe in kleefplastiek en laat rus in die yskas vir 20 minute.

Rol die deeg dan in ’n reghoek uit op ’n meelbestrooide oppervlak. Sny die reghoek in sowat 6 ewe dik repe. Weef nou die deeg bo-oor en onderdeur die worse soos op ons foto (dit help om op ’n vel bakpapier te werk). Druk die punte bymekaar. Sit die “pastei” op ’n bakplaat en bak in ’n voorverhitte oond teen 180 °C vir sowat 25 minute of tot die deeg goudbruin en bros is. Dié pastei gaan baie aandag trek!