Oondtemperatuur: 160°C

Sif die koekmeel, bakpoeier, koeksoda, speserye en sout saam. Voeg die volkoringmeel en klapper by en meng dit alles liggies.

2 Klits die suiker, olie en eiers met ’n elektriese klitser tot baie goed gemeng.

3 Voeg die wortel, pynappel, neute en appelkooskonfyt by en meng goed.

Voeg die droë bestanddele by die mengsel en vou dit in met ’n groot metaallepel tot egalig gemeng.

5 Giet die beslag in ’n gesmeerde koekpan waarvan die bodem met gesmeerde bakpapier uitgevoer is en bak vir sowat 1 uur of totdat die toetspen skoon uitkom. Haal die koek uit die oond en laat dit ’n paar minute in die pan afkoel voordat jy dit op ’n draadrak uitkeer om heeltemalaf te koel.

6 Berei die versiersel Klop die botter en versiersuiker saam tot romerig. Voeg die oorblywende bestanddele by en klop tot glad en smeerbaar. Sodra die koek afgekoel het, kan jy dit met die versiersel en gekapte pekanneute versier.