1 Skink die rosé versigtig in ysbakkies en vries tot hard.

2 Sny die waatlemoen in stukke en vries dit saam met die aarbeie in sakkies. Sny ’n paar ekstra skyfies of rol balletjies waatlemoen en hou dit in die yskas vir garnering.

3 Nou begin die pret: Jy het ’n bekerversapper nodig wat ys kan fynmaak. Keer die rosé-ysies, bevrore waatlemoen en aarbeie in die beker uit. Voeg die jenewer, lemmetjiesap en roosstroop by en verwerk tot glad. Proe en maak seker daar is genoeg skop (dit is soet en vrugtig genoeg). Skink in mooi glase en garneer met die behoue vrugte en roosblare. Sit ’n strooitjie in elke glas en geniet. En dan begin die pret éérs ...