Foto’s Francois Oberholster

Voor hulle in April 2018 by hul droomhuis ingetrek het, het Kim en Jason Arendse vir 11 jaar in ’n klein tweeslaapkamer-dupleks gewoon; vier jaar gelede het hul seun, Seth, bygekom. In hul piepklein kombuis van 3 x 4 m moes hulle regkom met wat hulle het. Die wasmasjien moes oorkant die stoof en onder die mikrogolf staan, en vir ’n tuimeldroër was daar beslis nie plek nie!

Toe hule intrek by hul ruim nuwe huis in Plumstead, Kaapstad, was die aparte waskamer ’n wonderlike bederf. Maar dit het dringend ’n opknap nodig gehad.

Die vorige eienaars het dit ook as pakplek gebruik, met bokse tot bo teen die plafon. Die Arendses was vasbeslote om dit prakties in te rig met genoeg stoorspasie, staanplek vir al die nodige toestelle, asook genoeg plek om klere te hang en op te vou – alles in ’n mooi ruimte waar wasgoeddag nie soos harde werk sal voel nie!

Dis wat ons gedoen het ...

PROJEKGIDS
  • Harde werk 1/10
  • Vaardigheidsvlak 1/10
  • Tyd nodig Naweekprojek
  • Doen dit self vir ± R7 775: Verf R600, werkblad R700, grafika op die vloer R3 000, rolblinding R1 800, loodgieterswerk R1 500, handdoekreling R175

Die gloeilamp is verbloem met ’n mooi kandelaber.
Kandelaber, groot en reghoekige mandjies en prente van MRP Home; blougroen handdoek, tweekleur-mandjie, aalwyn en glashouer van @home; draadmandjie, geraamteplant in glaspot, wit handdoeke, seephouers en pluisroller van Woolworths; werkblad van BuildersBêre skoonmaakmiddels en vlekverwyderaars in mooi houers.Duram Classic Matt Misty Mauve

Stap #1

Die waterpype vir die wasmasjien is geskuif van onder die venster na ’n gemakliker plek teen die agtermuur.

Stap #2

Die mure is opgekikker met Duram Classic Matt in die kleur Misty Mauve en die plafon is geverf met Plascon Polvin White.

Stap #3

Die rakke is afgehaal en voorberei met Duram Wood Primer en toe geverf met twee lae wit Duram Enamel & Trim. Ons het een rak weer op sy ou plek vasgeskroef en die ander een is sowat 40 cm van die plafon geïnstalleer sodat ons ’n reling vir klere en wasgoedpennetjies onderaan kon vassit.

Stap #4

Die vensterrame is geskuur, behandel met Duram Wood Primer en afgerond met twee lae Duram Enamel & Trim.

Stap #5

’n Nuwe werkblad bo die toestelle oor die lengte van die agtermuur verskaf nou oorgenoeg werkspasie!

Ronde boks, Laundry Powder-houer en glasfles van MRP Home

Omdat dit te duur en ongerieflik sou wees om die teëls uit te kap, is die vloer bedek met viniel-grafika – ’n vinnige, maklike manier om ’n ou vloer om te tower. Dit het sowat R450/m2 gekos om die vloer te bedek.
Grafika van Hope Vol Hoop

Ek is dol oor die vinielvloer se blommotief! Dis nou amper onmoontlik om op te sien teen wasdag. – Kim Arendse
Vars idee!
Twee hake hou die strykplank op sy plek teen die muur. Hake van Builders; strykplank van MRP Home

’n Reling onder die boonste rak verskaf hangplek vir klere wat moet droog word of nog gestryk moet word. Die reling is ver genoeg van die muur af geplaas dat klere gemaklik daaraan kan hang. ’n Eenvoudige wit rolblinding rond die prentjie mooi af.
Plante van @home; pennetjiesak van Pick n Pay; blinding van Decorland; handdoekreling van Builders; glyvaste klerehangers van Woolworths

VERSKAFFERS
  • @home 0860 666 674, home.co.za
  • Builders 0860 284 533, builders.co.za
  • Decorland 0800 002 635, decorland.co.za
  • Hope Vol Hoop 076 732 0785
  • MRP Home 0800 212 535, mrphome.com
  • Pick n Pay 0800 11 22 88, picknpay.co.za
  • Woolworths 0860 022 002, woolworths.co.za