Groen gedrog word sjiek toilet

akkreditasie
Dié gastetoilet was nog die ene 1970’s met sy avokadogroen muurteëls, afgeleefde vloerteëls en onooglike ontblote pype.

Die eienaars het gedroom van ’n meer kontemporêre ruimte, maar weens ’n knap begroting sou net ’n paar klein veranderings moontlik wees. Dit het die gesin gedwing om slim dekortruuks uit te haal! 

Voor

Die transformasie 

As jy nie nuwe teëls en sanitêre ware kan bekostig nie, is verf die maklikste en bekostigbaarste manier om ’n verandering te maak. Hier is die teëls en die mure in dieselfde kleur geverf om die illusie van ruimte en ’n naatlose voorkoms te skep.

Nadat die mure met Plascon Cashmere in die kleur Berlin Block geverf is, is die teëls liggies geskuur en ’n onderlaag aangewend. Toe dié droog was, is twee lae Plascon Velvaglo in dieselfde kleur oor die teëls en die ontblote pype aangewend sodat dit met die muur kan saamsmelt. Nou het die nuwe donkergrys badkamer met sy witraam-spieël ’n treffende kontemporêre gevoel. 

Nuwe voegbry was ’n móét in dié badkamer! Die steenkoolgrys voegbry en die witgrys teëls skep ’n grafiese patroon, maar verseker ook dat vuilheid minder opvallend is. 

Dié sweefrak-en- raam-kombinasie rond die vertrekkie perfek af. Maak ’n boksraam van dennehout en saag ’n gleuf met ’n guursaag uit die twee lang sye van die raam sodat dit oor die rak kan skuif. 

Wenk

Wanneer jy teëls wil verf, skuur dit eers en wend ’n onderlaag aan voordat jy dit verf om ’n bevredigende resultaat te verseker. 


Jongste uitgawe

Desember 2022 | Januarie 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees