Die Myburghs het ná hul troue hier op die platteland kom woon waar hulle en hul twee honde die rustigheid en die pragtige uitsigte geniet.
“As jonggetroudes doen ek en Wynand alles so stuk-stuk om ons huis mooi te maak,” verduidelik Ilode. ”Ons het begin by die kombuis, wat klein en baie donker was. Ons het self die teëls afgekap en die kaste afgeskuur. Daarna het ons die teël- en verfwerk laat doen. Ons het besluit op wit, wat die vertrek groter en ligter sou laat lyk.
Wynand het self die kaste hul Franse voorkoms gegee, terwyl die strepe teen die een muur my idee was,” vertel Ilode trots.