In vanjaar se Regruk met Flair-kompetisie is daar ’n ongelooflike R144 000 se pryse op die spel!

Dis al weer sulke tyd! Inskrywings vir ons jaarlikse Regruk met Flair-kompetisie het gesluit en nou lê daar groot werk voor vir die beoordelaars. Ons lesers het weer eens gewys wat in hulle steek met wonderlike stories, vernuftige planne en, natuurlik, die mooiste leefruimtes – van hele huise tot net een vertrek.

Die Tuis-span het versigtig deur die inskrywings gesif om vanjaar se semifinaliste te kies. Dis altyd ’n moeilike taak, en vanjaar was geen uitsondering nie!

Soos altyd het die reëls bepaal dat die huiseienaar minstens 50% van die werk self moes gedoen het. Ons het almal se kostes deeglik nagegaan en een ding is seker: ons top-10 skrik nie om hul hande vuil te maak as dit die rande kan help rek nie!

Stem vir jou gunsteling

Tuis-lesers het ook ’n sê in wie uiteindelik tot die top-5 deurdring – stem vir jou gunsteling om hul kans vir ’n plek op die kortlys te verbeter. En die beste van als? Daar’s pryse op die spel vir almal wat ’n aanlynstem uitbring. So maak jy:

1. Gaan na fixit.tuis.co.za. Klik op “Top 10”. Kies jou gunsteling, klik op die “Vote”-blokkie, en vul jou e-posadres in. Klik “submit”.

2. Jy kan ook per SMS stem: SMS die sleutelwoord "Fixit + finalis se van", gevolg deur jou naam na 33406 (elke SMS kos R1,50).

3. Die stemming is oop van 12:00 op Maandag, 20 Augustus tot 12:00 op Vrydag, 7 September.

So lyk die 10 top-opknappers (in geen bepaalde volgorde nie). Elkeen van dié tien semifinaliste kry ’n R3 000-geskenkbewys van BUCO en Timbercity!

Michelle Bailey en Graham Lindemann

WAAR Claremont, Kaapstad
WAT Leefarea, buite-area en kombuis
KOSTE R91 362

STEM SÓ

Stem aanlyn by fixit.tuis.co.za OF SMS die sleutelwoord "Fixit + Bailey", gevolg deur jou naam na 33406 (elke SMS kos R1,50).

Talia en Nick Botha

WAAR South Hills, Johannesburg
WAT Kombuis
KOSTE R48 892

STEM SÓ

Stem aanlyn by fixit.tuis.co.za OF SMS die sleutelwoord "Fixit + Botha kitchen", gevolg deur jou naam na 33406 (elke SMS kos R1,50).

Duanne en Esté Chambers

WAAR Beverley Grove, Port Elizabeth
WAT Kombuis
KOSTE R44 000

STEM SÓ

Stem aanlyn by fixit.tuis.co.za OF SMS die sleutelwoord "Fixit + Chambers", gevolg deur jou naam na 33406 (elke SMS kos R1,50).

Daniela en Willie Gouws

WAAR Plettenbergbaai, Wes-Kaap
WAT Hele huis
KOSTE R1 993 000

STEM SÓ

Stem aanlyn by fixit.tuis.co.za OF SMS die sleutelwoord "Fixit + Gouws", gevolg deur jou naam na 33406 (elke SMS kos R1,50).

Janene Ehlers

WAAR Welgemoed, Kaapstad
WAT Kampwa
KOSTE R120 000

STEM SÓ

Stem aanlyn by fixit.tuis.co.za OF SMS die sleutelwoord "Fixit + Ehlers", gevolg deur jou naam na 33406 (elke SMS kos R1,50).

Kirk en Jeannie Flynn

WAAR Springs, Gauteng
WAT Buite-area
KOSTE R58 388

STEM SÓ

Stem aanlyn by fixit.tuis.co.za OF SMS die sleutelwoord "Fixit + Flynn", gevolg deur jou naam na 33406 (elke SMS kos R1,50).

Herman en Oba van Tonder

WAAR Dan Pienaar, Bloemfontein
WAT Opwaskamer
KOSTE R12 863

STEM SÓ

Stem aanlyn by fixit.tuis.co.za OF SMS die sleutelwoord "Fixit + Van Tonder", gevolg deur jou naam na 33406 (elke SMS kos R1,50).

Nadia en Enries Botha

WAAR Mowbray, Kaapstad
WAT Solderwoonstel
KOSTE R244 200

STEM SÓ

Stem aanlyn by fixit.tuis.co.za OF SMS die sleutelwoord "Fixit + Botha loft", gevolg deur jou naam na 33406 (elke SMS kos R1,50).

Sean en Emma-Louise Newbery

WAAR Muizenberg, Kaapstad
WAT Leefarea (binne en buite) en kombuis
KOSTE R111 500

STEM SÓ

Stem aanlyn by fixit.tuis.co.za OF SMS die sleutelwoord "Fixit + Newbery", gevolg deur jou naam na 33406 (elke SMS kos R1,50).

Jana en Retief Oosthuizen

WAAR Robertson, Wes-Kaap
WAT Kombuis
KOSTE R31 500

STEM SÓ

Stem aanlyn by fixit.tuis.co.za OF SMS die sleutelwoord "Fixit + Oosthuizen", gevolg deur jou naam na 33406 (elke SMS kos R1,50).