O, so mooi-wenner

WIE: Marne Marais

WAAR: Sutherland, Noord-Kaap

PROJEK: Hele huis

KOSTE: R454 999

"Die huis was nogal verwaarloos toe ek dit gekoop het; dit het net een klein dennekas in die slaapkamer en 'n kombuiswasbak gehad. Daar was basies niks aanloklik aan die  huis nie (en my ma was geskok toe sy die huis vir die eerste keer gesien het). My visie vir die huis en die "gevoel" van die huis het my oorreed om dit te koop."

Kyk hier na die transformasie.

Selfdoen-wenner

WIE: Philip en Carrol Smith

WAAR: Vanderbijlpark, Gauteng

PROJEK: Braaiarea

Koste: R25 860

"Ons het drie jaar gelede ’n “fixer-upper-huis” met baie werk gekoop. Ons het al ’n hele paar opknappings voltooi, maar die braaiarea is ons gunsteling."

Kyk hier na die transformasie.

Uit die boks-wenner

WIE: Albert van Niekerk

WAAR: Caledon, Wes-Kaap

PROJEK: Hele huis

Koste: R214 620

"In die 1960's het my oupa 'n plaas gekoop waarop 'n pragtige huis in die 1800's gebou is. Die oorspronklike eienaars het verhuis en dié huis het sowat 50 jaar lank leeggestaan. In 2019 moes ons besluit of ons die huis wou sloop of herstel. Opknapwerk het in Augustus 2019 begin. Ons het probeer om die ouwêreldse sjarme van die huis te behou."

Kyk hier na die transformasie.