Sedert Februarie het die inskrywings vir dié gewilde jaarlikse kompetisie ingestroom met lesers se foto’s van hul geldslim projekte, begrotings en motiverings. Die hoë standaard van die projekte het ons voete onder ons uitgeslaan – om van die huiseienaars se kreatiwiteit en harde werk nie te praat nie!

Vanjaar vier ons kompetisie reeds sy 10de bestaansjaar en ons vier dié opwindende mylpaal met ’n spoggerige gala. Wees daar wanneer ons aankondig wie die wenners is wat met R100 000 se produkbewyse van BUCO en Timbercity gaan wegstap!

Die gala word by Val de Vie in die Paarl gehou en die gewilde Karen Zoid gaan sorg vir die vermaak. By jou aankoms sal jy bederf word met snoepgoed en ’n glas vonkelwyn; dit word gevolg deur inspirerende kos- en selfdoen-demonstrasies voor die wenners tydens ’n smullekker laatontbyt aangekondig word.

Besonderhede

WANNEER Saterdag, 20 Oktober
WAAR Pearl Valley-konferensiesentum, Val de Vie-landgoed, Paarl
TYD 09:30 vir 10:00 tot 13:00
KOSTE R450 by quicket.co.za (Fix it with Flair Gala Event) Die prys sluit ontbyt, die jongste uitgawe van Tuis, ’n fantastiese geskenkpak, vermaak en verskeie gelukspryse in.

Karen Zoid sal die gehoor op hul tone hou.

ONTMOET ONS BEOORDELAARS