Elke jaar is ons verstom deur die gehalte en vindingrykheid van ons lesers se opknapprojekte – en vanjaar, die 10de bestaansjaar van die kompetisie, is geen uitsondering nie! Regruk met Flair 2018 spog met puik deelnemers, en almal ding mee om die gesogte titel van Opknapper van die Jaar. Ons het die top-5 inskrywings noukeurig deurgewerk, en nou hang alles af van hul onderhoude met ons beoordelaars by die Regruk met Flair-galageleentheid op Saterdag, 20 Oktober by die Pearl Valley-konferensiesentum op die Val de Vie-landgoed, Paarl. Hou dop!

Die pryse

Die wenner kry ’n R100 000-produkbewys, die 1ste en 2de naaswenners kry elk ’n R4 000-produkbewys en die 3de en 4de naaswenners kry ’n R3 000-produkbewys van BUCO en Timbercity!

So lyk die 5 top-opknappers (in geen bepaalde volgorde nie)

Talia en Nick Botha

WAAR South Hills, Johannesburg
WAT Kombuis
KOSTE R48 892

Daniela en Willie Gouws

WAAR Plettenbergbaai, Wes-Kaap
WAT Hele huis
KOSTE R2 092 000

Janene Ehlers

WAAR Welgemoed, Kaapstad
WAT Kampwa
KOSTE R120 000

Kirk en Jeannie Flynn

WAAR Springs, Gauteng
WAT Buite-area
KOSTE R58 388

Nadia en Andries Botha

WAAR Mowbray, Kaapstad
WAT Solderwoonstel
KOSTE R244 200