Ek hou van ’n lekker ou winskoop, iets wat jou min kos en groot plesier gee. Ek het ’n paar sulke items in my huis. Die blou winterlaken met die Marokkaanse patroon wat ek eendag in die verbygaan gegryp het oor dit so mooi was, vir onder R200. Ek het nog gedink dit sal seker ook net een seisoen hou, en hier is dit nou vier winters later en ek slaap nog net so knus wanneer die koue begin byt. 

Daar is ook die eetkamertafel wat ek toevallig eendag by ’n groot uitverkoping raakgeloop het, en die stoele daarrondom wat ’n tweedehandse vonds was, vir ’n appel en ’n ei. Self oorgetrek, met stukke materiaal uit “sample books”. Die hele spul – agt stoele in ’n nuwe baadjie – het my seker dieselfde gekos as twee stoele nuut. ’n Bargain! 

Dis hoe ek oor Netwerk24 voel – die digitale platform waar jy nie net jou daaglikse nuus kan kry nie, maar ook kan saamlees aan tydskrifte soos Tuis. Maar ook Sarie, en Weg, en Huisgenoot … 11 tydskrifte en 35 koerante in dié pakkie. En dit als vir R99 per maand. Waar kan jy nou beter kry?

Wat dit selfs meer aantreklik maak is dat dié aanlynportaal werklik ’n tuiste is van die beste in Afrikaans, alles op een plek. As jy hou van kook, kry die lekkerste resepte uit die Tuis-toetskombuis, maar dan ook sommer dié uit Sarie Kos én Huisgenoot se Wenresepte. As jy hou van dekor – kyk mooi wat die nuutste trends is in die leserhuise uit Tuis se nuutste uitgawe, en sien hoe dit onder jou vingerpunte op jou slimfoon lewe kry – en nie net Tuis se huise nie, ook die mooigoed uit Sarie.

Nou eendag gesels ek met ’n leser wat oorsee woon, en sy vertel hoe die digitale weergawe van Tuis haar troos in die vêrte. Sy kan dalk nie meer die papierweergawe koop nie, maar sy lees steeds saam – en deel in die mooi. Als danksy Netwerk24, en dit vir dieselfde prys as ’n paar koppies kafeekoffie. 

Waarvoor wag jy? Dis plesier sonder einde.