book-icon Uitgawe April 2020

In April se Tuis...

akkreditasie

Dis seker nie snaaks – of moet ek liewer sê vreemd – nie dat “loadshedding” in 2019 een van die woorde was wat die meeste gegoogle is in Suid-Afrika, aldus die sakenuus-webblad Business Insider South Africa. Meer as Meghan Markle én Game of Thrones, as dit jou perspektief gee ... Hier is ons nou goed op dreef met 2020, en ek wed jou my laaste kers en vuurhoutjie “loadshedding” gaan vanjaar wéér koning kraai. Selfs ná Meghan en Harry se onverwagse maar nuuswaardige “onttroning” – ’n game of thrones van ’n heel ander aard: Die Sussex’e het gebrexit voor Brexit!

Oor lag feitlik altyd beter is as huil, vra ek my Facebook-vrinne vir hul snaaksste Eskom-grappie, want ons weet mos: Ons kon darem nog altyd vir onsself lag hier aan die suidpunt van Afrika. En soos talle politieke kommentators al uitgewys het: Suid-Afrika was al in veel groter moeilikheid as vandag, en ons staan nog. Op my grappie-versoek is die Facebookers so stil soos die nag kan donker raak as die krag afgaan. Behalwe een moedige probeerslag, van Melanie: Net so, in hoofletters, tik sy: EK WIL SO GRAAG ’N ESKOM-JOKE MAAK MAAR EK HET NIE KRAG NIE! Sela. Net vanoggend tik ek vir my huishulp, Margaret, soos altyd ’n WhatsApp-boodskap. Ons los nou nie meer vir mekaar handgeskrewe notas op die kombuistoonbank nie, behalwe in krisistye. Soos die kriptiese boodskap van laasweek: TOILET PAPERS. So in die meervoud. Die nood was groot.

My WhatsApp begin so: “Hallo M. Loadshedding today 10–12.30. Laundry in machine. Should be done by 9.50, just before power goes off. Everything should be OK.” Jip, want dis deesdae die belangrikste nota van die dag, nie watter beddegoed gewas moet word, wat vir middagete is, of wie wat moet kom regmaak en daarom in die huis toegelaat kan word nie. ’n Paar aande terug bespreek ek aandete vir vriende, en die restaurant troos nog voor ek kon vra: “Nee, meneer, as julle om 7.00 sit en 7.15 bestel, is die kos voor 8 op die tafel wanneer die ligte afgaan, net betyds vir ’n kersligete. Maar ons kan nie koffie bedien voor 10.30 nie, hoor, die masjien het krag nodig. Tensy julle hou van plunger? Ons het gasplate.” Doodnormaal, asof ons praat oor ’n tafel binne of buite.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Julie 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees