Foto’s Francois Oberholster
As ’n mens van ’n groot tropiese tuin in KwaZulu-Natal na ’n Kaapse eiendom met min plek verhuis, wil jy steeds so veel moontlik groen sien. “My kliënt se grootste behoefte was ’n lowergroen tuin, al is dit klein,” vertel Petro Jacobs van Petro Landscaping, wat die tuin ontwerp het.
“Hulle wou ook die meeste ruimte moontlik vir ’n tuin benut en met plante privaatheid skep. Die trampolien moes bly vir hul seun en die buitestoele moes ’n staanplek kry.”