Foto’s Francois Oberholster

Die meeste van dié bome en struike het son nodig om mooi te verkleur. Bloureën, eikeblaarhortensia, Viburnum plicatum ‘Mariesii’ en natuurlik die roos spog ook met blomme, terwyl die tamatiepruim in die laatsomer helderoranje vrugte dra.

Roosbottels, sade, bessies en blomme soos die krismisroos dra almal by tot die herfsgevoel in jou tuin wanneer hulle begin verkleur. Moenie al die dooie blomme afsny nie; los ’n paar om sade te vorm. Dit verskaf ook kleur en tekstuur in die herfs