Daar is deesdae ’n ontploffing van nuwe kleure in Anthuriums, met talle skakerings van rooi en pienk, asook suiwer wit en groen-wit, room, en ’n verskeidenheid dubbelkleure. Gee dit as ’n Valentynsdaggeskenk wat lank sal hou en kies een uit al die verskillende pienke: babapienk, helderpienk, salm, dofpienk, asook pienk-en-wit. Plante wissel in grootte, en die miniatuur­soorte is veral aantreklik. Anthuriums het ’n lang leeftyd – selfs jare indien dit mooi opgepas word. Tog vra hulle baie min sorg, matige tot helder lig en minimale natmaak (laat die grond effens uitdroog voor jy weer natmaak). Spuit die blare liggies om stof af te was en voed met ’n vloeibare kunsmis wanneer jy onthou.

KONTAK plantimex.co.za