Dianthus ‘Purple Wedding’ is ’n kompakte pot-dianthus wat net betyds vir Moedersdag sal begin blom. Dit dra dosyne enkelblomme in skakerings van donkerpers en pienk met ’n wit rand saam met donkergroen loof. Plante groei die beste in potte wat tot 12 cm groot is.

Plaas dit in helder lig, laat die grond effens uitdroog voor jy weer natmaak en moenie dat die plant in water staan nie. Verwyder dooie blomme om die blomtyd te verleng.

KONTAK ballstraathof.co.za