Instagrammers wêreldwyd kan nie genoeg daarvan kiek nie en geen ander huisplant in die kweekhuis kan by hom kers vashou nie. Dis ’n goeie tropiese plant vir beginners en vereis min versorging. Dit hou van ’n warm, vogtige vertrek met helder lig (geen son nie). Gebruik die plant as fokuspunt op ’n koffietafel, in jou slaapkamer of tuiskantoor. Laat die grond effens uitdroog voor jy natmaak en voed met ’n verdunde vloeibare bemesting twee keer per maand van die lente tot die herfs, en een keer per maand in die winter. 

KONTAK lvgplants.co.za