Die plant is kompak en gerond (20 cm hoog en wyd) met digte donkergroen loof wat die blomme beklemtoon. Knol-begonias vaar in die winter op hul beste binnenshuis. Dit gedy in ’n warm vertrek met helder tot matige indirekte lig; begonias hou nie van koue nie, so moet dit nie naby ’n venster plaas by lae nagtemperature nie. Hou die grond effens klam, maar nie deurweek nie. Keer swamsiektes deur nie water op die blare te laat kom nie. In die somer kan jy ’n halwe koppie water een of twee keer ’n week gee. Druk jou vinger in die potgrond en as dit nog klam is, maak eers die volgende dag nat. Voed een keer ’n maand met ’n vloeibare bemesting vir blomme.

KONTAK plantimex.co.za