Dianthus SuperTrouper is nommerpas vir Moedersdag. Met sy geurige blomme en kompakte groeiwyse is dit ideaal vir ’n mooi houer op ’n ereplek iewers in die huis. Dis in soveel kleure te kry dat dit maklik sal wees om Ma se gunsteling te kies. Binnenshuis hou dit van helder, indirekte lig. Laat die grond effens uitdroog voor jy weer natmaak. Wanneer die blomme doodgaan, snoei terug en plant dit uit in die tuin of sit dit buite neer in die pot en bring die pot in wanneer dit weer begin blom.

KONTAK ballstraathof.co.za