Dit groei tot 2 m hoog, maar reageer goed op ’n snoei. Die plant verkies helder, indirekte lig en werk goed in dubbelvolume-ruimtes, ’n goed beligte gang of stoep. Moenie te veel water gee nie en voed in die somer maandeliks met ’n vloeibare bemesting (liggroen blare dui op ’n gebrek aan voedingstowwe). Spuit water op die blare om dit stofvry te hou. Moenie die boom onnodig skuif nie – dis sensitief vir lig- en temperatuurskommelings en sal sy blare afgooi. Te min of te veel water kan ook tot blaarverlies lei.

KONTAK plantimex.co.za