Dit blom oorvloedig, met skutblare wat soos hasie-ore of die oop vlerke van ’n skoenlapper lyk, bo-op elke blom. In die huis vra dit helder lig en kan dit ’n bietjie oggendson hanteer. Laat die grond effens uitdroog voor jy weer natmaak. Sny dooie blomme af om meer blomvorming aan te moedig. In warm, helder toestande (soos ’n stoep of leefarea) sal dit tot drie maande lank blom. Ná die blomtyd kan jy dit liggies snoei en in die tuin uitplant in volson en goed gedreineerde grond.

KONTAK plantimex.co.za