Monstera adansonii is ’n kleiner weergawe van die geraamteplant (Monstera deliciosa) en groei stadiger. Maar hoewel kleiner as sy neef, het hy net soveel trefkrag. Plant dit in ’n hangmandjie, as fokuspunt in ’n pot of laat dit langs ’n trap oprank.

Aangesien M. andansonii ’n tropiese plant is, vra dit ’n warm, vogtige vertrek en helder, indirekte lig (nie son nie) op sy blare. Plaas dit ’n meter of wat van ’n venster aan die noorde- of oostekant. Maak een keer per week nat en moenie dat die grond uitdroog nie, hou dit effens klam. Voed een keer per maand in die lente en somer met ’n vloeibare bemesting teen halfsterkte om die blare heldergroen en gesond te hou. Vergeelde loof dui op ’n gebrek aan voedingstowwe.

KONTAK lvgplant.co.za