Exacum ‘Princess Deep Blue’ het violet-blou blomme met ’n geel middel en vyf blomblare, terwyl die wit variëteit Exacum ‘Princess White’ selfs nog indrukwekkender is. Met helder, indirekte lig in ’n koel vertrek in klam (nie deurdrenkte) grond sal dit drie tot vier maande lank binnenshuis blom. Kies ’n plant met heelwat knoppe wat besig is om oop te gaan; dit verleng die blomtyd.
Maak seker jy maak dit nie te nat nie, want vrotpootjie is ’n probleem – as die blare begin verlep, gee jy te veel water! ’n Goeie idee is om die pot op ’n bord met klippies te sit – dit hou die pot bo die water wat daaruit dreineer, en verbeter terselfdertyd die humiditeit.
KONTAK ballstraathof.co.za
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET