‘Sweet Snack Orange’-rissies is een van ’n reeks soet of sterk rissies wat binnenshuis in ’n pot kan groei – op jou kombuistoonbank, vensterbank of enige plek wat helder lig kry. Hoe meer lig, hoe beter groei dit.

Dié dwergrissies is kompak (dit word 15–35 cm hoog), dra vrugte in die pot en jy oes dit net wanneer jy dit nodig het. Die plant bly in sy pot en hoef nie oorgeplant te word nie. Rissies hou van klam grond, maar nie nat wortels nie. Maak die piering leeg nadat jy natgemaak het en laat die grond amper uitdroog voor jy weer natmaak.

In warm, rypvrye areas kan dit in die tuin oorgeplant word.

KONTAK ballstraafhoff.co.za