Purperwinde (Ipomoea indica en I. purpurea) is klimplante wat rondom strukture en ander plante rank; dit word algemeen aangetref teen telefoonpale in stedelike omgewings. Die plant dra van November tot Mei persblou, rooierige, magenta of wit tregtervormige blomme, soms met kontrasterende strepe. In tropiese dele blom dit regdeur die jaar. Ipomoea purpurea is ’n jaarplant terwyl I. indica meerjarig is. Dié indringers het harige stele en hartvormige blare, en kan 3 m hoog of selfs hoër groei. Dis ’n probleem in KwaZulu-Natal, Gauteng, Mpumalanga, Limpopo, die Oos- en Wes-Kaap.

Indringerstatus Purperwinde is ’n Kategorie 1b- indringer, wat beteken jy kan vervolg word as dit op jou erf groei.

Hoekom is dit ’n probleem? Dit groei uiters dig en versmoor sodoende ander spesies.

KONTAK invasives.org.za