Foto Getty Images

Boereturksvy (Opuntia ficus-indica) Dié vetplantagtige struik kan tot 3 m hoog groei en ontwikkel ’n stewige stam namate dit ontwikkel, met afgeplatte grysgroen blaaragtige stele wat óf kaal óf oortrek met stekels kan wees. Dit dra van Oktober tot Desember spoggerige geel of oranje blomme en eetbare vrugte wat bedek is met klein dorinkies; die vrugte is aanvanklik gelerig en verkleur dan rooi.

Indringerstatus

Dis ’n kategorie 1b-indringer, wat beteken jy moet dit van jou erf verwyder om vervolging vry te spring.

Hoekom is dit ’n probleem?

Dié plant, oorspronklik van Mexiko, verdring en vervang inheemse spesies en is ’n probleem oor die hele land. Dit kan digte infestasies vorm wat bewarings- en landbougrond bedreig. Die vrugte kan velirritasie veroorsaak. KONTAK invasives.org.za

Het jy geweet?
Doringlose kultivars, wat deur boere verbou word, is nie op die indringerlys nie; ook nie die boereturksvy se vrugte indien dit vir menslike verbruik bedoel is nie.