Foto’s Lukas Otto

Aartappelranker (Solanum seaforthianum)

Dié slanke ranker groei tot 2–3 m hoog en het heldergroen blare. Dit dra van Desember tot Maart spoggerige blou tot pers blomme in hangende trosse, gevolg deur klein, blink bessies wat van groen tot rooi verkleur. Voëls smul graag aan die vrugte en versprei die saad in hul mis.

Indringerstatus

Die plant is ’n kategorie 1B-indringer, wat beteken jy kan vervolg word as dit op jou erf gekry word.

Hoekom is dit ’n probleem?

Dié plant is veral ’n probleem in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Gauteng en Limpopo, waar dit bo ander spesies uitgroei en hulle in die proses versmoor. Die hele plant – vrugte, blare en stele – is giftig. Daar word ook gevind dat inheemse voëls ophou om inheemse saad te versprei omdat hulle dié indringerspesie se vrugte verkies.

KONTAK invasives.org.za