Dié blommende krui, oorspronklik van Suid-Amerika, het regop stele met ’n eienaardige vierkantige vorm (duidelik te sien in ’n kruissnit). Die plant groei tot 2 m hoog en dra in die somer pers blomme op die eindpunte van die stele.

Die blare het prominente are aan die onderkant en skerp getande rande. 

Indringerstatus Dis ’n kategorie 1b-indringer, wat beteken jy moet dit van jou erf verwyder om vervolging vry te spring.

Hoekom is dit ’n probleem? Die bossie oorgroei padskouers, klam areas en grasvelde; dis oral ’n probleem, behalwe in die Noord-Kaap. Die plant is ook giftig vir vee.

KONTAK invasives.org.za

Wêreldomgewingsdag
Ondersteun Wêreldomgewingsdag op 5 Junie deur indringers te vervang met waterwys inheemse plante.

Foto Getty Images