Foto Kay Montgomery

Montanoa hibiscifolia

Dié struik is afkomstig van Sentraal-Amerika waar dit as tuinplant gekweek is. Dit kan tot 6 m hoog groei en het donkergroen handpalmvormige blare wat aan die bo- en onderkant bedek is met sagte hare. Van Mei tot Oktober verskyn wit blomme met ’n geel kern, waarin die ouer, papieragtige blomkoppe rooibruin saad dra. I

Indringerstatus

Die plant is ’n Kategorie 1b-indringer, wat beteken jy kan vervolg word as dit op jou eiendom groei. Hoekom is dit ’n probleem? Montanoa is veral problematies in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap. Dit neem woude, boslande, padskouers, rivieroewers en versteurde terreine oor, waar dit meeding met inheemse spesies.

KONTAK invasives.org.za

Nasionale Onkruiduitroei-week
In Nasionale Onkruiduitroei-week (13 tot 20 Oktober) word tuiniers aangemoedig om alle indringerplante in hul tuin te verwyder en te vervang met inheemse plante.