Die paradysblom (Caesalpinia gilliesii) is ’n bladwisselende struik wat tot 5 m hoog word, afhangend van die reënval. In die somer dra dit spoggerige blomme, elk met vyf geel blomblare en 10 lang, opvallende rooi meeldrade, gevolg deur peule met kort rooi klierhare.

Indringerstatus

Dis ’n Kategorie 1b-indringer, wat beteken jy moet dit van jou eiendom verwyder om vervolging vry te spring.

Hoekom is dit ’n probleem?

Die sade en groen saadpeule van die plant is giftig – dit veroorsaak erge braking en ander abdominale simptome. Die paradysblom vermeerder deur middel van saadverspreiding en ding mee met inheemse spesies. Die plant is veral ’n probleem in die Oos-Kaap, Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap.

KONTAK invasives.org.za