Pomponbossie (Campuloclinium macrocephalum)

Dié regop groeiende meerjarige kan tot 1,3 m hoog word en het donsagtige pienk blomknoppe en blare wat by die basis van die plant gekonsentreer is. Die plant sterf elke jaar terug tot by die wortelkroon. Van Desember tot Maart verskyn pienk blomkoppe wat bestaan uit honderde stervormige blommetjies omring deur pers skutblare.

Indringerstatus

Dis ’n kategorie 1B-indringer, wat beteken jy kan vervolg word as dit op jou erf gekry word.

Hoekom is dit ’n probleem?

Die pomponbossie is een van ons ergste probleemplante omdat dit die veld verswak, wat die biodiversiteit verlaag. Dit neem die grasveldstreke van Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Oos-Kaap in. Mense wie se eiendomme aan ’n oop veld grens, moet ekstra versigtig wees omdat dit maklik deur saad versprei. Dit plant ook voort deur ondergrondse risome.

KONTAK invasives.org.za